Deaf people in South Africa and Africa can now study theology and prepare themselves to go and preach to the 400 000 Deaf in South Africa.
Geleentheid vir dowes om te gaan preek
Die koringland staan oorryp maar die werkers is so min,
En des te meer by Dowes waar ons lank reeds moes begin.
Daar’s Dowes in Soweto, daar’s Dowes in Natal,
Daar’s Dowes oral in die land in honderd-duisend-tal.
Die Heer het sy genade aan die hele kerk gegee:
Ontvang die Woord gehoorsaam! Gaan deel die Boodskap mee!
Die kerk het in ’n mate hierdie opdrag reg gedoen,
en ongeredde sondaars met die hart van God versoen.
Maar kom dit by die Dowes het ons straks die feit vergeet,
dat Hy hul ook gemaak het en dat hul van Hom moet weet.
Al praat hul in Gebare en mimiek in Vingertaal,
die kruisdood van ons Here het ook hulle skuld betaal.
Daar’s vier maal honderd-duisend honger Dowes in ons land.
Maar gemeentes vir die Dowes? Soos die vingers aan een hand.
Die hartseer van 'n Dowe mens wat geen gemeente het…
volkome issolasie van Sy Liefde en Sy Wet.
En nou het God se Gees opnuut diep in ons hart kom werk,
om Dowes te bearbei, te versamel vir sy kerk.
Want nou gaan ons hul oplei, ons gaan nuwe gronde breek:
dat Dowes in Gebaretaal vir ander Dowes preek.
Ja baie Dowes wag reeds al dekades vir die kans
om Dowes te bearbei, te laat glo en loof en dans.
Daar was geen moontlikhede waar ’n Dowe kon studeer,
nou gaan hul ook die kans kry om van God se Woord te leer.
Die tyd van wonderwerke is nog lankal nie verby:
Twaalf van die grootste kerke staan in hierdie saak ons by.
Ons glo die Evangelie is veel groter as 'n kerk,
en ons vat almal hande om te sien hoe God gaan werk.
Daar’s Dowes in die Vrystaat. Daar’s Dowes in die Kaap,
en verreweg die meeste is in diepe sonde-slaap.
Wil u nie met ons saambid en om God’s genade smeek,
dat Dowes sal kan uitgaan, in Gebaretaal kan preek.
Beyond Genesis offers an alternative explanation for the origin of man that is unique and different from either side in the familiar Creationism versus Evolution debate. The author believes the truth revealed in this book was not meant to be understo
All the prophetic pieces are assembling before our eyes. It is time to prepare for Earth's final hour. There is hope for the future as you see that Day approaching.
Understanding the Spirituality in Science from the Primitive Days of the Bible and the Religions of the Time will free anyone from the Shackles of Religion.