Vêr Weg Van Alles
Vêr weg van alles
Staar sy na die kus
En verby wêrelde
Na veraf rante en horisonne
Na rotse waar branders klots
Wat stadig met elke eb en flo
Wegvreet aan rots en sand
Soos die lewe wat…
Bietjie vir onmerkbare bietjie
Jou siel opvreet
Totdat daar net verweerde rots oorbly
Tot geen lewensvreugde oorbly
Net dowwe oë
Geen uitdagings…net sugte
Wat ‘n lamheid agterlaat
Vêr weg van alles
Met voete wat sleep
Copyright © 2011 Tinka Boukes
All Rights Reserved
Ron
Hugs and love
from
Kay
Amor
God Bless You
Tony
Christine